MAAK 'N AFSPRAAK

WELKOM

Dr Charl van den Berg het sy voorgraadse studies in medisyne (MBChB) aan die Universiteit van Pretoria in 1995 voltooi. Hy het in 2004 as ‘n Ortopediese Chirurg kwalifiseer en het die grade MMed(Orth) aan die Universiteit van Pretoria en FCOrth(SA) aan die College of Orthopaedic Surgeons of South Africa behaal. Hy is ten volle geregistreer by die Raad vir Gesondheidswetenskappe van Suid Afrika.

Hy het sy Privaat praktyk in 2004 in die Claremont/Kingsbury hospitaal in Kaapstad begin en het na Vergelegen Mediclinic in Somerset Wes verskuif in 2007. Sy praktyk by Vergelegen Mediclinic het toegang tot die mees moderne chirurgiese en diagnostiese apparaat en vergelyk met die hoogste standaarde wêreldwyd. Vriendelike en behulpsame personeel sal al u administratiewe en finansiële vrae kan beantwoord.

Dr van den Berg is ‘n Ortopediese Chirurg wat spesialiseer in skouerchirurgie en sy praktyk is gefokus daarop. Hy het ervaring in die behandeling van alle skouertoestande en het ‘n persoonlike belang by u spesifieke probleem. Chirurgiese ingrepe sal slegs oorweeg word indien alle konserwatiewe roetes ten volle eksploreer is. Chirurgiese behandeling sluit in die artroskopiese behandeling van skouertoestande, sowel as skouervervangings. Aangesien daar gebruik gemaak word van die nuutste chirurgiese metodes, sal u ook baat vind by die mees onlangse internasionale ortopediese instrumentasie en tegnieke.

Hy is geregistreer en ‘n lid van die volgende Professionele Verenigings:

  • Raad vir Gesondheidswetenskappe van Suid Afrika
  • Suid Afrikaanse Ortopediese Vereniging
  • Suid Afrikaanse Skouer en Elmboog Vereniging
  • Suid Afrikaanse Knie Vereniging

Vir voortgesette professionele ontwikkeling in ortopedie en skouerchirurgie, fokus hy op:

  • Kongresse en Werkswinkels op nasionale en internasionale vlak (hy besoek top oorsese chirurge minstens twee maal per jaar in Europa en die VSA)
  • Groep besprekings met mede chirurge (hy is deel van die Wes-Kaap Skouergroep – Skouer spesialiste wat maandeliks vergader om die nuutste tegnieke in skouerchirurgie te bespreek)
  • Literatuurstudies
  • Persoonlike kommunikasie met internasionale chirurge

Dr van den Berg is aktief betrokke by die opleiding van mede ortopediese chirurge in die veld van artroskopiese chirurgie. Hy word gereeld ingespan as ‘n konsultant gedurende opleidingsessies en kadawer werkswinkels en verwelkom gereeld besoekende chirurge in sy praktyk en teater.

Skouer Dr Charl van den Berg