MAAK 'N AFSPRAAK

AKROMIOKLAVIKULÊRE PROBLEME

Wat is die akromioklavikulêre gewrig?

Die akromioklavikulêre gewrig is waar die sleutelbeen (klavikel) die plat gedeelte aan die bokant van die bladbeen (skapula) ontmoet. Die gedeelte staan bekend as die akromion. Die gewrig is aan die bopunt van die skouer en beweeg wanneer die arm oorhoofs gebruik word of oor die bors gestrek word. Die AC gewrig word in posisie gehou deur twee ligamente (die coracoklavikulêre ligamente) en word gebuffer deur ’n dik laag kraakbeen of meniskus.

Wat is die mees algemene akromioklavikulêre probleme?

Die drie mees algemene toestande wat die akromioklavikulêre gewrig betrek is artritis, stresfrakture (osteolise) en dislokasies.

  1. AC Gewrig artritis is ‘n degeneratiewe toestand wat verlies aan kraakbeen rondom die gewrig tot gevolg het. Dit lei tot irritasie van die gewrig, die ontstaan van beenpunte, inflammasie en pyn rondom die gewrig.
  2. Stresfrakture van die AC gewrig (staan ook bekend as AC gewrig osteolise) vind plaas aan die buitenste punt van die sleutelbeen waar dit by die bladbeen aanheg.
  3. Die akromioklavikulêre gewrig kan dislokeer, net soos die skouer self kan. Dit vind gewoonlik plaas tydens ‘n traumatiese besering wat veroorsaak dat die ligament wat die gewrig in posisie hou, skeur.
  4. Hoekom vind akromioklavikulêre probleme plaas?

    AC gewrig artritis: Die mees algemene oorsaak van akromioklavikulê artritis is slytasie weens oorbruik. Dit kom dus meer algemeen voor in die populasie ouer as 50 jaar, sowel as in atlete wat baie stres op die gewrig uitoefen, bv rugbyspelers en gewig optellers.

AC gewrig dislokasie: Die akromioklavikulêre gewrig kan dislokeer tydens trauma, bv ‘n val direk op die skouer, of tydens ‘n val op ‘n uitgestrekte hand. Die graad van dislokasie word bepaal deur die hoeveelheid ligamente wat skeur en hoeveel die sleutelbeen opwaarts beweeg. Die erns van die besering word gegradeer van Graad I-VI.

Wat is ’n AC gewrig stresfraktuur?

Herhaalde oorhoofse aktiwiteite wat swaar lading op die punt van die sleutelbeen uitoefen, kan lei tot erosie of stresfrakture (osteolise). AC gewrig stresfrakture word oor die algemeen gesien in sportmanne soos rugbyspelers en gewigoptellers, asook mense wat baie oorhoofse werk doen bv. bouers en verwers.

Hoe algemeen kom Akromioklavikulêre Gewrigsprobleme voor?

Akromioklavikulêre gewrig beserings kom meestal voor in atlete wat swaar oorhoofse gewig moet dra, soos bv gewigoptellers, stoeiers en rugbyspelers. Dit kom ook algemeen voor onder bouers, verwers en ouer mense wat slytasie en artritiese veranderinge in die gewrigte het.

Watter spesiale ondersoeke word gedoen?

X-strale word aanvanklik geneem. ‘n Verskeidenheid van opnames mag aangevra word om die AC gewrig goed te kan visualiseer.

Hoe hanteer my dokter AC gewrig probleme?

Video of Procedure: http://www.youtube.com/watch?v=feORxSQby2Y

Daar is redelike kontroversie aangaande die sukses van chirurgie vs konserwatiewe hantering van Graad III beserings. Graad I en II beserings reageer goed op konserwatiewe hantering. Graad IV, V en VI beserings benodig meestal chirurgie.

AC Gewrig Disrupsie

  • Tipe I en II beserings word gewoonlik konserwatief hanteer met ys, ’n skouerstut vir 1 — 3 weke en nie-steroïdale anti-inflammatoriese middels (NSAIDS), gevolg deur fisioterapie om die spiere en ligament te versterk.
  • Tipe III beserings behoort konserwatief hanteer te word, maar in sekere gevalle sal die pasiënt baat vind by chirurgiese intervensie as konserwatiewe behandeling faal.
  • Tipes IV – VI beserings word byna altyd hanteer met ‘n oop reduksie en interne fiksasie.
  • Alle akute beserings erger as Tipe II, behoort dringend vir ‘n opinie na ‘n Ortopediese chirurg verwys te word.

OA/Osteolise

  • Modifikasie van aktiwiteite, fisioterapie, NSAIDS en ander analgesika.
  • Kortisoon inspuitings mag verligting van simptome bring vir tot 3 maande indien korrek toegedien. Tans is daar nie konsensus itv die dosis nie en daar behoort nie meer as 4 inspuitings per jaar gegee te word nie. Die durasie van die analgesika wissel tussen 2 ure en 3 maande.
  • In erge gevalle van OA of osteolise, mag die einde van die klavikel verwyder word. Dit word artroskopies uitgevoer. In OA, word chirurgie oorweeg in erge gevalle waar konserwatiewe hantering nie verbetering bring na 6 maande nie.

Artroskopiese verwydering van die punt van die klavikel