MAAK 'N AFSPRAAK

DIE PRAKTYK

Ons praktyk is ’n pasiënt gedrewe praktyk, waar ons alle pasiënte waardig en professioneel hanteer en hulle belange eerste stel. Ons glo steeds daarin om die pasiënt op ’n omvattende, holistiese manier te hanteer en nie slegs op die spesifieke probleem te fokus nie. Ons verwag van die pasiënt om ’n vennoot te wees in die herstelproses en om hom/haar te bemagtig met die korrekte inligting om ’n weldeurdagte besluit te kan neem ten opsigte van die behandeling. Ten einde ’n wêreldklas diens te verseker, is ’n multi-dissiplinêre spanbenadering essensieël. Hierdie span bestaan uit die personeel in die kantoor, fisioterapeute, arbeidsterapeute en ortotiste. Ek is ook in die bevoorregte posisie om saam met ’n hoogs professionele en vaardige teaterspan te werk, wat altyd bereid is om die ekstra myl te loop.


DIE GESIGTE VAN ONS PRAKTYK

Estelle en Ronelle is die gesigte van ons praktyk. Hulle is altyd vriendelik, hulpvaardig en hulle professionele benadering laat ons pasiƫnte op hulle gemak voel in die praktyk. Hulle sal u help met enige administratiewe, finansiƫle en praktiese probleme rondom die praktyk en sal selfs 'n lekker koppie koffie aanbied soos benodig.