MAAK 'N AFSPRAAK

INTERNASIONALE BESOEKERS

Somerset Wes is vernoem na Lord Charles Somerset en is die residensiële en kommersiële hartklop van die Helderbergkom. Terselfdertyd heers daar ‘n besonderse ‘village’ atmosfeer in die dorp.

Geleë aan die hange van die Helderberg, word Somerset Wes omring deur Valsbaai, sowel as die kusdorpe Gordonsbaai en Strand. Somerset Wes is 20km vanaf Stellenbosch en die wynroetes geleë en 35 minute vanaf Paarl, Franschoek en Wellington wat ‘n integrale deel van die Wynlande uitmaak.

Die area is bekend vir sy ongelooflike natuurskoon, fauna en flora, wyn, vrugte, kulinêre ervaringe, gasvryheid en historiese erfenisse.

Somerset Wes maak voorsiening vir alle sportsoorte, met 3 gholfbane (insluitende die bekende Erinvale gholfbaan), ‘n buiteklub, sokker, croquet, muurbal, tennis, krieket, hokkie, rolbal en‘n skietbaan.

Die Helderberg wynroete maak deel uit van die groter Stellenbosch wynroete en sluit van die oudste wynkelders in die land, sowel as ‘n brouery, in.

Ongeveer 15 km buite Somerset Wes langs die N2 kan die vrugteroete van Elgin sowel as die walvisse van Hermanus besigtig word.

Verblyf

Besoek gerus Somerset West Akkommodasie om die ideale vakansie of besigheidsbestemming in of rondom Somerset Wes te vind.

Hoekom die opsie van chirurgie in Suid Afrika oorweeg?

  • Suid Afrika is ‘n ongelooflike mooi land om te besoek.
  • Die wisselkoers gunstig tov Europa en VSA.
  • Dikwels kan die hele chirurgiese prosedure, insluitende vakansie, dieselfde of minder kos as dieselfde prosedure wat tuis uitgevoer word.
  • Ons chirurgiese bekwaamheid en toerusting staan vir niks ter wêreld terug nie.