MAAK 'N AFSPRAAK

KALSIFISERENDE TENDINITIS (“VERKALKING IN DIE SKOUER”)

Wat is Kalsifiserende Tendinitis?

Kalsifiserende Tendinitis is 'n pynlike skouer toestand waar daar 'n opbou van kalsium in die rotatorkraag voorkom. Wanneer kalsium opbou in die tendon, kan dit 'n tot chemiese irritasie en toename in druk lei wat erge pyn veroorsaak. Kalsifiserende tendinitis is een van die seerste skouertoestande bekend (die ander is Gevriesde Skouer).

Die kalsiumneerlegging verminder die ruimte tussen die rotatorkraag en die acromion, sowel as wat die normale funksie van die rotatorkraag. Dit kan lei tot beknelling tussen die acromion en die kalsium neerlegging in die rotatorkraag wanneer die arm opgelig word.

Die oorsaak van die kalsium opbou is onbekend. Algemeen in mense tussen die ouderdomme van 30-60 jaar. Die toestand genees uiteindelik spontaan, maar dit kan tussen 5 tot 10 jaar neem om op te los.

Kalsiumneerlegging in die skouer

Hoe word die diagnose van kalsifiserende tendinitis gemaak?

Die kalsiumneerlegging kan op gewone x-strale gesien word, maar ultraklank skandering is meer akkuraat om klein kalsium neerleggings wat op x-strale gemis word, te diagnoseer. Ultraklank maak dit ook moontlik om die grootte van die neerlegging in alle rigtings te evalueer en te ondersoek vir ander skade of beserings in die skouer.

Kalsiumneerlegging op X-straal

Kalsiumneerlegging op ultraklank

Hoe word kalsifiserende tendinitis behandel?

  1. Pynstillers en anti – inflammatoriese medikasie
  2. Fisioterapie – hou jou skouer sterk en soepel en verminder inflammasie
  3. Kortisoon inspuitings – verminder inflammasie en beheer die pyn
  4. Ultraklank Barbotage: Onder ultraklank begeleiding word die kalsiumneerlegging ingespuit met 'n soutwater oplossing en die kalsium word uitgespoel.
  5. Chirurgiese verwydering (artroskopie)

Chirurgie vir Kalsifiserende Tendonitis:

Video: artroskopiese kalsiumverwydering - http://www.youtube.com/watch?v=1vNg9AJPgto

Chirurgie is aangedui indien die pyn nie met nie-operatiewe metodes onder beheer gebring kan word nie (veral erge nagpyn). Die doel van die operasie is om die beknelling tussen die kalsiumneerlegging en die akromion te verminder. Die prosedure word artroskopies gedoen en die kalsium word verwyder, die rotatorkraagspiere “skoongemaak” van inflammasieweefsel en daar word ruimte geskep tussen die akromion en onderliggende sagteweefsel.

Die kalsium wat uit die rotatorkraagtendons kom lyk soos tandepaste

Algemene vrae oor Kalsifiserende Tendinitis

V : Wat veroorsaak Kalsifiserende Tendinitis?
A: Ons weet nog steeds nie . Daar is 'n bewys dat die suurstofkonsentrasie en bloedtoevoer na die tendon verminder en dit mag aanleiding tot die verkalkingsproses. Dit hou beslis nie verband met dieet , kalsiuminname, osteoporose , oefening of besering nie.

V : Hoe algemeen is hierdie toestand?
A: Dit is 'n baie algemene toestand van die rotatorkraag en is verantwoordelik vir ongeveer 10 % van alle konsultasies oor ‘n pynlike skouer. Dit affekteer vroue meer dikwels as mans (40-60jr)

V : Watter simptome kry ek met hierdie toestand?
A: Die pyn kan konstant en knaend wees. Dit pyn is meestal in die skouer en kan soms afstrek tot by die arm / hand . Dit word vererger deur oplig van die arm. Baie pasiente kry erge episodes van pyn met tye tussenin in met minder pyn . Die kalsium kan spontaan absorbeer.

V : Hoe help ‘n kortisooninspuiting my?
A: Dit is meestal ‘n tydelik oplossing om inflammasie en pyn minder te maak, maar spreek nie die oorsaak van die pyn aan nie

V : Hoeveel inspuitings mag ek ontvang?
A: Die meeste dokters sal 'n maksimum van drie gee. Daar is in werklikheid geen absolute maksimum nie, maar indien my meer as 2 inspuitings benodig is daar waarskynlik ‘n indikasie dat chirurgie nodig mag wees.

V : Watter behandeling opsies is beskikbaar vir Kalsifiserende Tendinitis?
A: Behandelings sluit in:

  1. Nie steroïedale anti -inflammatoriese middels
  2. Subakromiale inspuiting van steroïde
  3. Fisioterapie
  4. Naald aspirasie en uitspoel onder ultraklank begeleiding
  5. Skokgolfterapie
  6. Chirurgie

V : Sal fisioterapie help?
A: Die fisioterapeut kan jou help om die omvang van die bewegings te verbeter in jou skouer. Ultraklank werk vir sommige pasiente om inflammasie te verminder (egter geen duidelik bewyse in huidige literatuur nie).

V : Wat is skokgolfterapie?
A: Skokgolf terapie gebruik klankgolwe om die kalsiumkristalle op te breek. Dit word egter nie vir die skouer aanbeveel nie aangesien herhaling van simptome kan voorkom en die prosedure pynlik is

V: Wat behels die operasie?
A: Die prosedure behels ‘n artroskopiese skoonmaak van die skouer (twee tot drie mini vel insnydings - ongeveer 0,5 tot 1 cm elk in grootte).

V : Hoe lank neem dit om te herstel van die operasie?
A: Daar is gewoonlik vinnige verligting van pyn na die operasie. Totale herstel in terme van die herstel van volle spierkrag kan 3 tot 4 maande neem. Daar is geen beperking op wat jy kan en nie kan doen na die operasie en die meeste mense keer binne 'n paar dae terug na die werk en na sport as hulle gemaklik voel

V: Is daar enige ernstige komplikasies met die operasie?
A: Die mees algemene komplikasie is styfheid (ongeveer 10 %) – soms genoem gevriesde skouer. Dit is meer algemeen in pasiënte met diabetes.