MAAK 'N AFSPRAAK

NARKOSE TYDENS 'N SKOUER OPERASIE

Narkose verhoed dat pyn en ander sensasies gevoel word tydens u prosedure.

Dit kan op verskeie maniere toegedien word:

  1. Plaaslike verdowing behels inspuitings wat 'n klein deel van jou liggaam verdoof. Jy is by jou bewussyn, maar pynvry.
  2. Lokale blok: behels inspuitings wat ‘n groter of dieper deel van die liggaam verdoof. Jy is by jou bewussyn, maar pynvry. Die mees algemene plaaslike verdowing vir skouer chirurgie is 'n interskalenus senuweeblok.
  3. Algemene narkose gee 'n staat van beheerde bewusteloosheid. Dit is essensieël vir sommige chirurgie. Jy is bewusteloos en voel niks.

Ons gebruik oor die algemeen 'n kombinasie van 'n algemene narkose en 'n plaaslike narkose of Interscalene blok. Dit verseker die beste post-operatiewe pynbeheer en jy kan vroeër huistoe gaan. Jou narkotiseur sal jou voor die operasie besoek en die verskillende opsies met jou bespreek. Bespreek asb enige voorkeure of besorgdhede met hom/haar. Indien u die narkotiseur wil ontmoet die dag voor chirurgie, laat ons gerus weet en dit kan gereël word.

Interscalene Blok

’n Interscalene block (ISB) is ’n senuweeblok wat in die nek toegedien word en baie goeie pynbeheer verskaf na skouer chirurgie onder algemene narkose. Dit verdoof die groot senuweebondel wat die skouer voorsien net soos die tandarts ’n deel van die mond verdoof wanneer daar aan die tande gewerk word.

Die voordele van ‘n interscalene senuweeblok (ISB) vir skouerchirurgie is:

  1. Verminderde risiko vir naarheid en braking
  2. Gaan vroeër huistoe
  3. Kan vroeër begin eet en drink
  4. Goeie pynbeheer
  5. Ligter narkose met ’n vinniger herstel na narkose

Blok Tegniek

Die Narkotiseur, chirurg en uself sal saam besluit of u geskik is vir ISB.

  • Indien daar ‘n probleem met u diafragma (die spier wat gebruik word tydens asemhaling), aan die teenoorgestelde kan van die chirurgiese kant is, of indien daar swakheid of paralise in die teenoorgestelde arm is, is u nie geskik vir ISB nie.
  • Sommige ouer pasiënte met erge asemhalings probleme is nie geskik vir ISB nie.

U sal onder ligte verdowing wees wanneer die ISB gedoen word en daarna word u posisioneer op die operasiebed en kry dan ‘n algemene narkose.

‘n Spesiale naald met ‘n klein, elektriese puls tesame met ‘n ultraklankapparaat word gebruik om die korrekte area te bepaal. Die narkotiseur hou die arm dop vir spiersametrekkings om die posisie van die inspuiting te bepaal. Indien die narkotiseur gelukkig is met die posisie van die naald, sal hy/sy lokale verdowing inspuit. Die skouer en arm sal lam en swaar voel. Voor daar verder gegaan word, sal die narkotiseur die arm toets vir enige sensasie.

Ontslag:

Pyn Beheer

  • Die senuweeblok toegedien tydens skouer chirurgie is ‘n enkele inspuiting wat vir 12-24 uur sal werk.
  • Tuis is dit baie belangrik om gereeld u pynmedikasie te drink soos voorgeskryf. Dit sal onnodige pyn verhoed wanneer die blok uitgewerk is (wat in die middel van die nag kan gebeur!). Pynmedikasie behels gewone parasetamol en ibuprofen, asook kodein indien benodig (indien u al bg medikasie mag gebruik).

Hantering van die ‘Lam Arm’

Die ‘lam’ arm word in ’n skouerstut gehou totdat die sensasie en motoriese funksie terugkeer. U sal instruksies ontvang oor hoe om die skouer en arm op te pas na chirurgie – dit moet beskerm word van diep drukking, te veel beweging en te veel hitte. Vermy kontak met té warm of koue voorwerpe, aangesien die sensasie in die arm nog nie normaal sal wees nie.

Newe effekte van ISB

Die meeste newe effekte word veroorsaak deur die lokale verdowing wat sprei na die omliggende senuwees en hulle dan verlam. Enige of alle van die volgende kan gebeur, maar sal spontaan herstel sodra die effek van die lokale verdowing verdwyn.

  • Kortasem – die inspuiting in die nek kan ook ‘n deel van die diafragma (die spier wat gebruik word tydens asemhaling) verlam. Sommige mense voel liggies uitasem, maar dit sal meestal nie normale asemhaling beïnvloed nie.
  • Versteurde visie (Horner’s sindroom) – 20%. Die ooglid hang en daar is geringe versteurde visie aan die kant van die blok. Simptome verdwyn soos wat die effek van die blok afneem.
  • Heesheid – 15%. Die stembande kan geaffekteer word deur die blok. Dit verbeter ook soos wat die effek van die narkose afneem.
  • Sukkel om te sluk – 15%. Dieseflde senuwees wat die stembande voorsien, voorsien die keel. Die probleem kan gewoonlik oorbrug word deur doelbewus te probeer sluk.

Komplikasies van ISB

Dit is as gevolg van die naald wat in die verkeerde rigting, of te diep ingeplaas word. Die komplikasies is baie skaars en kan maklik herstel word.

  • Long word raakgesteek (pneumothorax) – Die naald kan die longwand beskadig en die long kan plat val. U word in die hospital opgeneem vir behandeling. In ‘n klein persentasie van gevalle sal ‘n buis in die long geplaas word om die lug te dreineer.
  • Beroerte en langtermyn senuweebeskadiging – minder as 0.1% risiko en die risiko word verminder deur die blok uit te voer terwyl u wakker is.

Gelukkig is die ernstige newe – effekte baie skaars en komplikasies word verminder deur die blok in te plaas met behulp van ‘n senuwee stimuleerder.