MAAK 'N AFSPRAAK

ROTATORKRAAG SKEURE

'n Rotatorkraag skeur is 'n algemene oorsaak van pyn en verlies aan funksie in volwassenes.

Epidemiologie

  • Die voorkoms van skouer pyn is na raming 7-25 % en die voorkoms van rotatorkraag skeure is 10 skeure per 1000 mense per jaar (met die hoogste insidensie van 25 per 1000 per jaar onder individue van ouderdomme 42-46 jaar).
  • Die totale aantal rotatorkraag probleme in individue sal na raming verhoog saam met die verhoging in ouderdom van die bevolking, sowel as die feit dat mense meer aktief is en minder bereid is om funksionele beperkinge te aanvaar.
  • 'n Groot deel van pasiënte met rotatorkraag skeure bly asimptomaties. MRI skanderings van mense sonder skouer pyn wys gedeeltelike - en voldikte rotatorkraag skeure in 4 % van individue van 40 jaar oud en in meer as 50% van individue van 60 jaar oud.
  • Verdere nadoodse ondersoeke het ‘n 6% insidensie getoon van voldikte rotatorkraag skeure in persone <60 jaar oud en ‘n 30 % insidensie in persone > 60 jaar oud (dit is nog nie bekend hoeveel van hierdie mense skouerpyn gehad het nie).

‘n Geskeurde rotatorkraag sal jou skouer verswak. Dit beteken dat baie daaglikse aktiwiteite soos wasgoed was, hare kam of om aan te trek, pynlik en moeilik raak.

Anatomie

Die skouer is ’n bal — en-potjie tipe gewrig en bestaan uit drie bene:

  • Humerus (bo-arm)
  • Skapula (bladbeen)
  • Sleutelbeen (sleutelbeen)

Die kop van die humerus pas in 'n potjie (bekend as die “Glenoid”) in die blad. 'n Groep van spiere en tendons hou die skouer gesentreer in die skouer gewrig. Hierdie spiere staan bekend as die rotatorkraag. Hulle bedek die kop van die humerus en heg dit aan jou skapula. Daar is 'n voggevulde sakkie bekend as 'n bursa tussen die rotatorkraag en die been op die toppunt van jou skouer (acromion). Hierdie bursa laat die rotatorkraag tendons toe om vrylik te beweeg wanneer jy jou arm gebruik in verskillende rigtings.

Die boarmspier (aan die voorkant van jou bo-arm) help jou elmboog buig en draai jou voorarm. Dit stabiliseer ook die skouer. Die boarmspier het twee tendons wat dit heg aan die bene in die skouer. Die Glenoid (potjie) is uitgevoer met ‘n sagte kraakbeen struktuur genaamd die labrum. Hierdie weefsel help om die kop van die humerus in die skouer potjie te stabiliseer.

Normale anatomie van die skouer

Die vier spiere en hul tendons vorm deel van die rotatorkraag en stabiliseer die skouer

Beskrywing
Wanneer een of meer van die rotatorkraag senings skeur, is die tendon nie meer ten volle geheg aan die kop van die humerus nie. Die meeste skeure kom in die supraspinatus spiere en tendon voor, maar ander dele van die rotatorkraag kan ook betrokke wees. As die skade vorder, kan die tendon heeltemal skeur, soms met die optel van 'n swaar voorwerp of val op 'n uitgestrekte hand.

Verskillende tipes skeure

  • Gedeeltelike skeur: Hierdie tipe skeur is skade van die sagteweefsel, maar die tendon is nie heeltemal geskeur nie.
  • Voldikte skeur: Hierdie tipe skeur word ook 'n volledige skeur genoem. Dit split die sagteweefsel in twee dele. In baie gevalle skeur die tendons waar hulle heg aan die kop van die humerus. Met 'n voldikte skeur, is daar basies 'n gat in die tendon.

Oorsaak

Daar is twee hoofoorsake van rotatorkraag skeure: beserings en degenerasie.

  • Akute skeur: As jy val op jou uitgestrekte arm of iets te swaar oplig met 'n skielike ruk beweging, kan jy jou rotatorkraag skeur. Hierdie tipe skeur kan voorkom tesame met ander skouer beserings, soos 'n gebreekte sleutelbeen of ontwrigte skouer.
  • Degeneratiewe skeur: Die meeste skeure is die gevolg van slytasie van die tendon wat stadig oor tyd plaasvind. Hierdie agteruitgang sal natuurlik voorkom soos ons ouer word. Rotatorkraag skeure is meer algemeen in die dominante arm. As jy 'n degeneratiewe skeur in een skouer het, is daar 'n groter risiko vir 'n rotatorkraag skeur in die teenoorgestelde skouer - selfs al het jy geen pyn in die skouer nie.

Verskeie faktore dra by tot degeneratiewe , of chroniese , rotatorkraag skeure.

  • Herhalende stres: Herhaling van dieselfde skouer bewegings oor en oor kan jou rotatorkraag spiere en tendons oorwerk. Muurbal, swem, tennis, roei en gewigoptel is voorbeelde van sport aktiwiteite wat bydra tot oorgebruiks skeure. Baie werk en roetine take kan oorgebruik skeure veroorsaak.
  • Gebrek aan bloedtoevoer. Soos ons ouer word, word die bloedtoevoer in ons rotatorkraag minder. Met 'n swak bloedvoorsiening, is die liggaam se natuurlike vermoë om tendon skade te herstel, belemmer. Dit kan uiteindelik lei tot 'n tendon skeur.
  • Beenpunt. Soos ons ouer word, ontwikkel beenpunte (been oorgroei) dikwels aan die onderkant van die acromion been. Wanneer ons ons arms lig, beweeg die beenpunte teen die rotatorkraag tendon. Hierdie toestand staan bekend as “skouer beknelling” en met verloop van tyd sal die tendon verswak en is dit meer geneig om te skeur.

Risikofaktore

Die meeste rotatorkraag skeure word meestal veroorsaak deur die normale slytasie wat gepaard gaan met veroudering, mense ouer as 40 het dus 'n groter risiko. Mense wat herhalende oplig of oorhoofse aktiwiteite doen, het ook 'n risiko vir rotatorkraag skeure. Oorhoofse atlete is veral kwesbaar vir oorbruiks skeure, veral tennis spelers en swemmers. Skilders, skrynwerkers en ander wat oorhoofse werk doen staan ook 'n groter kans om skeure op te doen. Hoewel oormatige skeure veroorsaak deur sport aktiwiteit of oorhoofse werk ook voorkom in jonger mense, word die meeste skeure in jong volwassenes veroorsaak deur 'n traumatiese besering, soos 'n val.

Simptome

Die mees algemene simptome van 'n rotatorkraag skeur sluit in:

  • Pyn met die optel en die laat sak van jou arm met spesifieke bewegings
  • Swakheid wanneer jy die arm draai en optel
  • Skuur of krakerige sensasie met die beweging van jou skouer in sekere posisies
  • Pyn in rus en in die nag, veral as daar gelê word op die geaffekteerde skouer

Met 'n rotatorkraag besering kan dit pynlik wees om jou arm na die kant op te lig.

Skeure wat stadig ontwikkel as gevolg van oorbruik sal ook pyn en swakheid in die arm veroorsaak. Jy kan pyn in die skouer ervaar wanneer jy jou arm na die kant oplig, of pyn wanneer jy jou arm laat sak. Aanvanklik kan die pyn lig wees en slegs teenwoordig wees wanneer oorhoofse aktiwiteite uitgevoer word, soos om klere in ‘n kas te hang. Oor-die -toonbank- medikasie, soos aspirien of ibuprofen, kan die pyn aanvanklik verlig.

Met verloop van tyd, kan die pyn meer opvallend wees tydens rus en nie meer weggaan met medikasie nie. Jy mag ook pyn hê as jy lê op die geaffekteerde sy in die nag. Die pyn en swakheid in die skouer kan roetine-aktiwiteite soos hare kam of bewegings agter die rug moeiliker maak.

Dokters ondersoeke

Mediese geskiedenis en fisiese ondersoek

Jou dokter sal jou omvang van beweging toets deur jou jou arm in verskillende rigtings te laat beweeg.

Na bespreking van jou mediese geskiedenis en simptome, sal jou dokter jou skouer ondersoek. Hy sal kyk om te sien of dit is teer is in enige area en ondersoek vir misvorming. Die omvang van die beweging van jou skouer en arm krag word gemeet en jou dokter sal jou vra om jou arm in verskillende rigtings te beweeg.

Jou dokter sal ook jou nek ondersoek om seker te maak dat die pyn nie afkomstig van 'n "knypende senuwee" is nie en om ander toestande, soos artritis uit te sluit.

Beelding:

  • X- strale: X -strale toon die bene van die skouer, maar kan nie die sagte weefsel van jou skouer soos die rotatorkraag wys nie . X -strale van 'n skouer met rotatorkraag pyn is gewoonlik normaal of kan 'n klein been punt wys. 'n Spesiale x -straal word geneem om te kyk of daar ‘n beenpunt is wat teen die spiere skuur.
  • Ultraklank en magnetiese resonansbeelding ( MRI): Hierdie studies wys beter beelde van sagteweefsel soos die rotatokraag tendons, ligamente en spiere. Hulle kan vloeistof of inflammasie uitwys in die bursa en rotatorkraag. In sommige gevalle kan 'n gedeeltelike skeur van die rotatorkraag gesien word. Hulle kan die rotatorkraag skeur wys, asook waar die skeur geleë is binne-in die tendon, asook die grootte van die skeur. 'n MRI kan jou dokter ook 'n beter idee gee van hoe ‘oud’ of ‘nuut’ die skeur is, want dit kan die kwaliteit van die rotatorkraag spiere wys.

(Links) Normale x-straal.
(Regs) Abnormale beeld wat groot been punt aandui wat veroorsaak dat die rotatorkraag beknel.

Behandeling:

Belangrik: Indien jy 'n rotatorkraag skeur het en jy aanhou om dit te gebruik ten spyte van toenemende pyn, kan jy verdere skade veroorsaak. 'n Rotatorkraag skeur kan groter word oor tyd. Chroniese skouer en arm pyn is goeie redes om jou dokter te sien. Vroeë behandeling kan verhoed dat jou simptome vererger. Dit sal jou ook vinnniger laat terugkeer na jou normale roetine. Die doel van enige behandeling moet wees om pyn te verlig en die funksie te herstel. Daar is verskeie behandeling opsies vir 'n rotatorkraag skeur, en die beste opsie is anders vir elke persoon. In die beplanning van jou behandeling, sal jou dokter die volgende oorweeg:

  • jou ouderdom
  • aktiwiteisvlak
  • algemene gesondheid
  • Die tipe skeur

Non-chirurgiese behandeling

In ongeveer 50 % van die pasiënte, sal non-chirurgiese behandeling die pyn verlig en funksie verbeter in die skouer. Skouerkrag verbeter egter nie gewoonlik sonder chirurgie nie. Non-chirurgiese behandelingsopsies kan die volgende insluit:

  • Rus: Jou dokter kan rus voorstel en vermindering in aktiwiteit.
  • Medikasie: Nie -steroïed anti -inflammatoriese middels (soos Ibuprofen en Naproxen) en parasetamol -gebaseerde tablette sal pyn en swelling verminder.
  • Fisioterapie: 'n Fisioterapeut sal fokus op die herstel van normale beweging in die skouer. Strekoefeninge om omvang van beweging te verbeter, is baie nuttig. Sodra jou pyn verbeter, kan jou terapeut begin met 'n versterkingsprogram vir die rotatorkraag spiere.
  • Steroïede inspuiting: As rus, medikasie en fisioterapie nie die pyn verlig nie, kan 'n inspuiting van lokale verdowing en kortisoon in die skouer nuttig wees. Kortisoon is 'n baie doeltreffende anti -inflammatoriese medikasie. Dit word in die bursa onder die acromion ingespuit om pyn te verlig.

'n Kortisoon-inspuiting kan pynlike simptome verlig.

Die nadele van non-chirurgiese behandeling is:

  • Geen verbetering in krag
  • Grootte van skeure kan toeneem oor tyd
  • Aktiwiteite mag beperk word

Chirurgiese behandeling:

Arthroscopic Rotator Cuff Repair - http://www.youtube.com/watch?v=lKk0B8_gD80

Jou dokter kan chirurgie aanbeveel indien:

  • Jou pyn nie verbeter met nonchirurgiese metodes nie. Volgehoue pyn is die belangrikste aanduiding vir 'n operasie.
  • As jy baie aktief is en jou arms gebruik vir oorhoofse werk of sport, kan jou dokter ook voorstel om chirurgie uit te voer.
  • Jou simptome is al vir 6 tot 12 maande teenwoordig.
  • Jy het 'n groot skeur (meer as 3 cm).
  • Jy het 'n erge swakheid en verlies aan funksie in jou skouer.
  • Jou skeure is veroorsaak deur 'n onlangse, akute besering. Daar is 'n paar opsies vir die herstel van rotatorkraag skeure. Jou ortopediese chirurg sal met jou al die opsies bespreek om jou operasie en herstel te beplan.

Chirurgiese behandeling opsies:

Chirurgie 'n geskeurde rotatorkraag te herstel behels aanhegting van die tendon aan die kop van humerus. 'n Gedeeltelike skeur kan egter slegs 'n gladmaak prosedure behels, bekend as 'n debridement . 'n Volledige skeur in die dikste deel van die tendon word herstel deur albei kane weer aan mekaar vas te heg.

Daar is 'n paar opsies vir die herstel van rotatorkraag skeure. Vooruitgang in die chirurgiese tegnieke vir rotatorkraag herstel sluit minder indringende prosedures in. Terwyl elk van die metodes beskikbaar sy eie voor-en nadele het, het almal dieselfde doel voor oë: om die tendon te genees. Jy mag ander skouer probleme hê bekomstig tot 'n rotatorkraagskeur, soos osteoartritis, beenpunte of ander sagteweefsel skeure. Tydens die operasie sal jou dokter in staat wees om hierdie probleme ook aan te spreek.

Die drie tegnieke wat die mees algemeen gebruik word vir die rotatorkraag herstel, sluit in:

  • Tradisionele oop herstel (groot oop snit 5 – 10cm)
  • Mini – oop herstel kleiner snit 5 cm)
  • Artroskopiese herstel (sleutelgat chirurgie deur 3 of 4.5mm)

Dr van den Berg doen die meeste van sy rotatorkraag herstelle artroskopies wat minder pyn en korter verblyf in die hospitaal beteken. Ander onderliggende toestande van die skouer word ook artroskopies beter aangespreek, met minimale sagte weefsel beskadiging.

Volledige artroskopiese herstel:

Tydens artroskopie plaas jou chirurg 'n klein kameratjie, genoem 'n artroskoop, in jou skouer. Die kamera vertoon foto's op 'n TV-skerm en jou chirurg gebruik van hierdie beelde om die miniatuur chirurgiese instrumente te beheer.

Omdat die artroskoop en chirurgiese instrumente dun is, kan u chirurg gebruik maak van baie klein snitte (snytjies), eerder as die groter insnyding wat nodig is vir die standaard, oop chirurgie. ‘n Volledige artroskopiese herstel is die mins indringende metode om 'n geskeurde rotatorkraag te herstel.

Tydens artroskopie, plaas jou chirurg die artroskoop en klein instrumente in jou skouer.

(Links) 'n artroskopiese beeld van 'n gesonde skouer. (Middel) In hierdie beeld van 'n rotatorkraag skeur, kan 'n groot gaping gesien word tussen die rand van die rotatorkraag tendon en die humeruskop. (Regs) die tendon is weer geheg aan die humeruskop met steke.

Die chirurgiese proses:

Chirurgie word uitgevoer om die geskeurde tendon weer aan die been vas te heg. Tydens die operasie, kan Dr van den Berg ook 'n ontsteekte bursa of beenpunte wat jou tendon genesing kan vertraag, verwyder.

Jy sal algemene narkose kry, asook 'n inspuiting van plaaslike verdowing, rondom die senuwee wat die skouer voorsien, ontvang. Dit duur 4-24 uur en sal help om jou pyn te verminder na die operasie. Na die operasie sal jy wakker word in die herstelkamer met jou arm in 'n skouerstut. Jy sal in die herstel kamer bly vir 30-40 minute totdat jy ten volle wakker is en sal oornag in die hospitaal om te verseker dat geen mediese probleme ontwikkel nie. Die meeste pasiënte gaan reeds die volgende oggend huistoe.

Tydens die skouer artroskopie, word 'n klein kameratjie, genoem 'n artroskoop, ingeplaas in die skouer deur 'n klein (gewoonlik 5 - 10mm ) snit. Die artroskoop is verbind aan 'n video monitor om Dr van den Berg toe te laat om binne-in jou gewrig te kyk.

In plaas van 'n groot snit, gebruik Dr van den Berg drie klein (5 – 10mm) insnydings. Deur een snit plaas hy die artroskoop om binne-in jou skouer te kyk. Hy plaas spesiale instrumente in vir verwydering van littekenweefsel en been deur die ander twee insnydings. Dr van den Berg plaas dan klein plastiek / metaal skroewe (die sogenaamde “ankers”) in die skouer.

Daar is steke geheg aan die ogies van die skroewe. Ons gebruik 'n spesiale instrument om die steke te weef deur die geskeurde tendon. Die skroewe is binne-in die been en jy kan hulle nie voel nie. Hulle hoef nie verwyder te word nie. Die skroewe sal nie lughawe sensors aktiveer nie.

Rotatorkraag spiere en hulle tendons (Links)
‘n Tipiese rotatorkraag skeur (Regs)

Die ankers in die been
Die steke ingeplaas in die been

Dinge wat jy moet weet:

  • Die operasie duur gewoonlik tussen 60 en 90 minute.
  • Jy kan huis toe gaan die dag na die operasie
  • Die verbande is waterdig, so jy kan stort (uit die stut) - rus jou geopereerde arm op jou maag of teen jou kant
  • Wend 'n yspak gereeld op jou geopereerde skouer aan die eerste 2 dae, en daarna kan hitte (boontjiesak), gebruik word om die pyn en swelling te verminder
  • Neem gereelde pynmedikasie in die eerste paar dae, daarna soos nodig
  • die dokter se besoek: Jou eerste post- operatiewe besoek is 2 weke na die operasie sodat Dr van den Berg die wondjies kan ondersoek. Hy sal jou bykomende instruksies vir oefeninge gee en jou 'n paar fotos en videos wys wat tydens die operasie geneem is (jy is welkom om 'n USB Geheuestokkie te bring vir 'n afskrif van die fotos en videos) en jou toegelate aktiwiteitsvlak bespreek.
  • Jy sal die skouerstut voltyds vir 6 weke moet dra. Gedurende hierdie tyd, kan jy drie keer per dag uit die stut kom om jou fisioterapie oefeninge te doen. Jy mag nie jou arm lig sonder hulp vir ses weke na die operasie nie. Dit laat die tendon toe om te genees in die beste moontlike posisie.
  • Na 6 weke - jy kan nou uit die skouerstut kom en word toegelaat om maklike aktiwiteite uit te voer en jou fisioterapie sal ook nou begin. Die doel is om stadig maar seker weer ‘n normale omvang van beweging te bereik, gewoonlik 3-6 maande na die operasie
  • Ry word nie toegelaat voordat jy uit jou skouerstut kom nie, dit wil sê na 6 weke
  • Terugkeer na werk: Vir die meeste kantoorwerke, sal Dr van den Berg aanbeveel om 2 weke van die werk af te wees. Wanneer jy terugkeer werk toe, sal jou arm steeds in ‘n stut wees (vir 6 weke na die operasie), maar jy sal in staat wees om te werk solank jy geen oplig, bestuur, stoot, trek of dra aksies uitvoer nie. Jy kan ligte werk doen wat nie die oplig, stoot, trek of dra aktiwiteite insluit nie, binne twee weke na die operasie, jy kan dus op middellyf / lessenaar vlak werk. Die meeste pasiënte kan aktiwiteit hanteer op skouer hoogte vanaf 3-6 maande na die operasie, maar 'n terugkeer na swaar of oorhoofse aktiwiteite mag 6 - 12 maande neem.

Komplikasies:

  • Infeksie mag antibiotika behandeling vereis dmv pille of deur ‘n inspuiting. Chirurgie is selde nodig.
  • Wond probleme, wat swelling, bloeding, vertraagde genesing, onooglike of pynlike letsels insluit.
  • Die kans vir herhaalde chirurgie omdat tendons nie behoorlik genees nie of weer skeur.
  • Been-infeksie of fraktuur (skaars).
  • Gewrigsprobleme, wat styfheid of artritis insluit, kan voorkom.
  • Indien die gewenste resultaat nie bereik word nie, is dit nie noodwendig 'n komplikasie nie, maar dit kan 'n bron van teleurstelling wees. Hierdie operasie kan lei tot onvolledige beweging, krag of funksie.
  • Senuwee besering is uiters skaars, maar dit kan lei tot tydelike of permanente, gedeeltelike of volledige verlies van gevoel en / of beweging in die arm.
  • Refleks simpatiese distrofie skaars). Ook genoem komplekse regionale pyn sindroom, is 'n ongewone neurologiese siekte wat die senuweestelsel laat wanfunksioneer na 'n traumatiese gebeurtenis, soos 'n ongeluk, 'n val, chirurgie, of selfs na 'n klein besering soos 'n verstuiting. Hierdie toestand veroorsaak pyn wat buite verhouding is met die oorspronklike besering en kan bly lank nadat die besering genees is. Vel sensitiwiteit, oormatige sweet, verlies van sensasie en jeuk kan ook voorkom.

Rehabilitasie:

Fisioterapie speel 'n belangrike rol in die terugkeer na jou daaglikse aktiwiteite. 'n Persoonlike fisioterapie program sal jou help om weer jou skouer se krag en beweging terug te kry. Jy sal na 'n toegewyde skouer fisioterapeut verwys word met jare se ondervinding in die behandeling van alle vorme van skouer probleme.

Immobilisasie

Na die operasie, sal die terapie in fases vorder. Aanvanklik moet die herstelde tendon beskerm word terwyl hy genees. Om te keer dat jou arm te veel beweeg, sal jy die skouerstut gebruik vir die eerste 6 weke. Hoe lank jy in die stut bly, sal afhang van die erns van jou besering.

Passiewe Oefening

Selfs al is jou skeure herstel, sal die spiere rondom jou skouer swak wees. Sodra jou chirurg besluit dat dit veilig is vir jou om jou arm en skouer te beweeg, sal 'n terapeut jou help met passiewe omvang van beweging oefeninge om die skouergewrig mobiel te hou. Met passiewe oefening sal jou terapeut jou ondersteun en beweeg in verskillende posisies. In die meeste gevalle word passiewe oefening begin binne die eerste 6 weke na die operasie.

Aktiewe Oefening

Na 6 weke, sal jy begin vorder na aktiewe oefeninge met die hulp van jou fisioterapeut. Op 8 tot 12 weke, sal jou terapeut jou begin op 'n versterkings oefenprogram. Die meeste pasiënte het 'n funksionele omvang van beweging en voldoende krag 4 tot 6 maande na die operasie. Hoewel dit 'n stadige proses is, sal jou verbintenis tot die rehabilitasie die sleutel tot 'n suksesvolle uitkoms wees. Volledige herstel kan tot 'n jaar neem, maar die resultate en uitkomste is oor die algemeen goed of uitstekend.

Hoe suksesvol is die chirurgie?

Chirurgie by ‘n geskeurde rotatorkraag is byna altyd suksesvol in die verligting van skouer pyn. Terugkeer van krag in die skouer is moeiliker om te waarborg. Hierdie tipe operasie is 85-95% van die tyd suksesvol. Geen skouer operasie is 100 % suksesvol in elke individu nie, maar die prosedures wat ons doen is betroubaar en sal help om die funksie in jou skouer te herstel. Herstel van ‘n akute totatorkraag besering het die beste uitkoms as dit gedoen word binne 'n paar weke na die besering. As gevolg van die talle veranderlikes wat betrokke is, kan ek nie anders as om jou te verseker dat ek aan jou die heel beste moontlike mediese sorg sal lewer.

Faktore wat die waarskynlikheid van 'n bevredigende resultaat sal verminder, sluit in:

  • Swak tendon / weefsel gehalte
  • Groot of massiewe skeure
  • Swak pasiënt samewerking tydens rehabilitasie
  • Pasiënt ouderdom (ouer as 65 jaar)
  • Rook en die gebruik van ander nikotien produkte
  • Werkers se vergoeding eise

Ander oorwegings:

Baie groot skeure (groter as 5 cm) of wat meer as een rotatorkraag tendon betrek, kan dikwels nie herstel word nie. Sagteweefsel oorplantings (grafting and patching) is moontlik, maar dit is nie veel beter as ‘n debridement vir die herstel van krag nie. ‘n Debridement is ook minder riskant en vereis minder rehabilitasie.

Minder aktiewe mense (gewoonlik diegene ouer as 60) met rotatorkraag skeure wat nie pynlik is nie, nie baie swak is nie, of slaap probleme veroorsaak nie, kan voortgaan sonder chirurgie, tensy die simptome vererger.

  • Sommige mense wat nie chirurgie ontvang om ernstige rotatorkraag skeure te herstel nie, ontwikkel rotatorkraag artropatie, 'n toestand van progressiewe artritis, pyn en beduidende verlies van krag, buigsaamheid en funksie.
  • In sommige gevalle verlig artroskopiese debridement die pyn voldoende en herstel genoeg funksie om daaglikse aktiwiteite toe te laat en oop chirurgie is nie nodig nie.

Ontwikkelings in die toekoms:

  • Oplosbare Ankers: Baie ortopediese chirurge het begin om oplosbare ankers te gebruik. Ankers hou steke in die been vas totdat die tendon gesond geword het. Oplosbare ankers word geleidelik geabsorbeer deur die liggaam.
  • Artroskopiese tegnieke: Toekomstige ontwikkelings in die behandeling van rotatorkraag skeure sluit nuwer artroskopiese chirurgiese tegnieke in. Dit laat meer akkurate herstelwerk toe, wat die tempo van tendon genesing verbeter.
  • Biologiese metodes: Een van die mees opwindende gebiede van navorsing is biologiese metodes. Dit is weefsel oorplantings en inspuitings wat die groei van nuwe weefsel in die liggaam en genesing bevorder.