MAAK 'N AFSPRAAK

SKOUER ARTROSKOPIE

Fliek van Normale Skouer Artroskopie: http://www.youtube.com/watch?v=6lftS6aqSBE

Definisie van skouer artroskopie: Ortopede gebruik hierdie tegniek om probleme in die gewrig te inspekteer, diagnoseer en te herstel. (Die term artroskopie kom van twee Griekse woorde ‘artro’ (gewrig) en ‘skopein’ (om te kyk). Die term beteken letterlik om binne-in die gewrig in te kyk.

Gedurende die artroskopie, sal Dr. van den Berg ‘n klein kamera, genoem ‘n artroskoop, binne-in die skouer gewrig plaas. Die kamera vertoon ‘n beeld op die skerm en die chirurg sal hierdie beelde gebruik om die klein instrumente te navigeer.

Aangesien die artroskoop en chirurgiese instrumente dun is, gebruik die chirurg klein insisies eerder as groot snitte soos benodig vir die standaard, oop chirurgie. Dit het minder pyn tot gevolg en die herstel tydperk en terugkeer na aktiwiteit is ook vinniger. Tegnieke en instrument verbeter heeltyds wat die chirurgie ook dan verbeter.

Anatomie

Die skouer is ‘n bal-in-potjie gewrig en bestaan uit 3 dele:

  • Humerus (bo-arm)
  • Skapula (bladbeen)
  • Klavikel (sleutelbeen)

Die kop van die humerus pas in 'n potjie (bekend as die " Glenoid ") in die blad. ‘n Groep spiere en tendons hou die skouer gesentreer in die skouer gewrig. Hierdie spiere staan bekend as die rotatorkraag. Hulle bedek die kop van die humerus en heg dit aan jou skapula. Daar is 'n vogsak bekend as 'n bursa tussen die rotatorkraag en die been op die bokant van jou skouer (akromion). Hierdie bursa laat die rotatorkraag tendons toe om vrylik te beweeg wanneer jy jou arm in verskillende rigtings beweeg.

Die boarmspier (aan die voorkant van jou bo-arm) help jou om jou elmboog te buig en jou voorarm te draai. Dit stabiliseer ook die skouer. Die boarmspier het twee tendons wat dit aan die bene in die skouer heg.

Die Glenoid (potjie) is uitgevoer met ‘n sagte kraakbeen struktuur genaamd die labrum. Hierdie weefsel help om die kop van die humerus in die skouer gewrig te stabiliseer.

Normale anatomie van die skouer

Wanneer sal jy ‘n skouer artroskopie benodig?

Skouer artroskopie word aanbeveel as jy ‘n pynlike skouer het wat nie reageer op konserwatiewe behandeling nie (rus, fisioterapie, medikasie of infiltrasies wat inflammasie beveg). Inflammasie is die liggaam se natuurlike reaksie tot besering of siekte. In die beseerde skouer, veroorsaak inflammasie swelling, pyn en styfheid.

Besering, oorbruik en ouderdomsverwante slytasie veroorsaak die meeste skouer beserings. Skouer artroskopie verlig pynlike toestande wat die rotatorkraag tendons, labrum, kraakbeen en ander sagteweefsel rondom die gewrig kan affekteer.

Algemene artroskopiese toestande sluit in:

  • Rotatorkraag herstel
  • Beenpunt verwydering
  • Verwydering en herstel van die labrum
  • Herstel van ligamente
  • Verwydering van inflammatoriese weefsel of los kraakbeen
  • Herstel vir herhaalde skouer dislokasie

Minder algemene prosedures:

  • Senuwee loslating
  • Herstel van frakture
  • Eksisie van siste

Sommige chirurgiese prosedures, bv ’n skouer vervanging, benodig steeds oop chirurgie.

Hierdie beelde is geneem deur die artroskoop en wys ‘n normale skouer gewrig (links) en ‘n inflammatoriese gewrig soos bv in ‘n gevriesde skouer (regs)

Hoe berei ek myself voor vir chirurgie?

Dr. van den Berg mag jou dalk vra om jou huisdokter of Internis te raadpleeg om enige mediese probleme uit te skakel voor chirurgie. Bloedtoetse, ‘n elektrokardiogram of borskas x-straal kan aangevra word.

Indien jy enige onderliggende mediese toestande het, sal ‘n meer ekstensiewe evaluasie gedoen word. Lig jou Ortopeed in van enige medikasie, bloedverdunners of supplemente wat jy gebruik. Dit mag dalk nodig wees om sommige hiervan te staak voor chirurgie.

Maak seker dat jy weet wanneer om by die hospitaal aan te meld en wanneer jy vir die laaste maal mag eet of drink voor chirurgie. Voor die operasie sal die narkotiseur jou besoek en die verskillende narkose opsies met jou bespreek. Skouer artroskopie word gewoonlik uitgevoer dmv ‘n senuweeblok wat jou skouer en arm verlam. Hierdie medikasie word in die basis van jou nek of hoog in jou skouer ingespuit. Dit is waar die senuwee wat die gevoel in jou skouer en arm beheer verloop. Hierdie blok sal ook as pynverligting dien vir ‘n paar ure na die chirurgie. Die senuweeblok word gekombineer met ‘n ligte narkose aangesien meeste mense ongemaklik raak as hulle lank in een posisie moet stillê.

Die meeste artroskopiese prosedures neem 1-2 ure, maar die chirurgie sal afhang van die diagnose wat gemaak word tydens chirurgie en die herstel wat dan daarvolgens gedoen moet word.

Chirurgiese Procedure

Posisionering en Voorbereiding

In die teater sal jy in die ‘beach chair’ posisie geplaas word. Dit is ‘n halfsit posisie soos om in ‘n leunstoel te sit. Die skouer sal met ‘n antiseptiese oplossing gewas word om die vel skoon te maak. Die skouer sal bedek word met steriele doeke en jou voorarm sal vasgemaak word om te verseker dat dit nie beweeg nie.

Prosedure

Die chirurg sal vog in die skouer inspuit om die skouer op te blaas. Dit veroorsaak dat die strukture rondom die skouer beter gevisualiseer kan word deur die artroskoop. Volgende sal ‘n klein gaatjie gemaak word in die skouer (die grootte van ‘n knoopsgat) vir die artroskoop. Vloeistof vloei deur die artroskoop om die beeld helder te hou en bloeding te kontroleer. Beelde van die artroskoop word op ‘n skerm geprojekteer en die chirurg gebruik hierdie beelde om hom te lei tydens die chirurgie.

(Links) Gedurende die prosedure word ‘n artroskoop en klein instrumente in die skouer geplaas
(Regs) ‘n Artroskopiese beeld van die binnekant van die skouer gewrig

Sodra die probleem geïdentifiseer is, sal die chirurg ander klein instrumente deur klein gaatjies in die skouer inplaas om die skade te herstel. Spesiale instrumente word gebruik vir sny, gryp, steke insit en knope afbind. In sommige gevalle word ‘n spesiale instrument gebruik om steke in die been te anker.

(Links) ‘n Artroskopiese beeld van ‘n gesonde skouer gewrig
(Middel) Hier kan ‘n rotatorkraag skeur gesien word, daar is ‘n groot gaping tussen die kraag en die humerus kop
(Regs) Die tendon is aaan die humerus kop geheg dmv steke

Die wondjies sal dmv oplosbare steke geheg word en met ‘n groot, sagte verband bedek word.

Herstel

Postoperatief

Na afloop van die chirurgie sal jy vir 30 min in die herstelkamer wees voordat jy saal toe geneem word. Jou bewussynsvlak sal gemonitor word en pynmedikasie sal toegedien word indien nodig. Jy mag dalk al dieselfde dag huistoe gaan, maar sal meestal vir 1 nag oorbly in die hospitaal. Die verbande sal met waterdigte pleister vervang word (Opsites). Dit kan na 7 dae verwyder word en die wondjies kan oopgelaat word. Jy mag stort met hierdie pleisters aan.

By die huis

Alhoewel die herstel na artroskopiese chirurgie dikwels vinniger is as na oop chirurgie mag dit steeds weke tot maande neem vir die skouer om volkome te herstel. Jy kan steeds pyn en omgemak ervaar vir ‘n paar weke na chirurgie. Met meer ingrypende chirurgie, kan dit verskeie weke of maande neem vir die pyn om af te neem. Ys sal aanvanklik die swelling en pyn verminder en daarna hitte. Jou dokter sal ook pynmedikasie en slaappille voorskryf indien nodig.

Meeste mense slaap gemakliker in ’n ½ sit posisie, soos bv ‘n leunstoel of teen ‘n paar kussings in die bed

Jy sal ‘n skouerstut gebruik om die skouer te beskerm na chirurgie. Jou chirurg sal jou aanbeveel hoe lank om die stut te dra.

Hoe kry ek my funksie terug?

Rehabilitasie speel ‘n baie belangrike rol daarin om jou weer te laat terugkeer na jou daaglikse -en sport aktiwiteite. ‘n Oefenprogram sal die skouerspiere versterk en die gewrig mobiel hou. Jou chirurg sal riglyne gee tov die rehabilitasie. Indien daar ‘n gekompliseerde prosedure uitgevoer is, sal jou chirurg die fisioterapeut inlig.

Dit is belangrik om jou rehabilitasie getrou en enduit te volg. Dit sal ‘n suksesvolle uitkoms tot gevolg hê.

Wat is die potensiële komplikasies?

Komplikasies is skaars. Soos met enige chirurgie is daar egter risikos. Dit is gewoonlik klein en maklik behandelbaar. Moontlike komplikasies sluit in infeksie, oormatige bloeding, bloedklonte en skade aan bloedvate en senuwees. Dr van den Berg sal die moontlike komplikasies met jou bespreek voor die operasie.

Wat is die langtermyn uitkoms?

Aangesien mense verskillende onderliggende mediese toestande het, sal die tydperk van herstel verskil van mens tot mens.

Indien jy ‘n klein herstel gehad het, sal ‘n skouerstut dalk nie eers nodig wees nie en die spierkrag mag vinnig terugkom. Jy mag dalk teruggaan werk toe of skooltoe ‘n paar dae na die prosedure.

Die herstel na ‘n gekompliseerde prosedure neem noodwendig langer. Al is die wondjies klein, kan ekstensiewe skade in die gewrig deur hierdie gaatjies herstel word. Volle herstel mag maande neem. Alhoewel dit ‘n stadige proses is, moet jy steeds jou chirurg se rehabilitasie plan volg om ‘n suksesvolle uitkoms te verseker.