MAAK 'N AFSPRAAK

SKOUER TRAUMA (FRAKTURE EN DISLOKASIES)

Trauma aan die skouer is redelik algemeen. Beserings wissel van 'n gebreekte skouer as gevolg van 'n val op die skouer tot 'n hoë-spoed motor ongeluk wat frakture van die blad (skapula) of sleutelbeen (klavikel) tot gevolg kan hê. Een ding is seker: almal beseer sy of haar skouer op ‘n stadium in hulle lewens.

Skouer Anatomie

Die skouer is 'n bal-en-potjie tipe gewrig en bestaan uit drie bene:

  • Humerus (bo-arm)
  • Skapula (bladbeen)
  • Sleutelbeen (sleutelbeen)

Die kop van die humerus pas in 'n potjie (bekend as die “Glenoid”) in die blad. 'n Groep van spiere en tendons hou die skouer gesentreer in die skouergewrig. Hierdie spiere staan bekend as die rotatorkraag. Hulle bedek die kop van humerus en heg dit aan jou skapula. Daar is 'n vogsak, bekend as 'n bursa tussen die rotatorkraag en die been op die bopunt van jou skouer (akromion). Hierdie bursa laat die rotatorkraag tendons toe om vrylik te beweeg wanneer jy jou arm beweeg.

Die boarmspier (aan die voorkant van jou bo-arm) help om jou elmboog te buig en jou voorarm te draai. Dit stabiliseer ook die skouer. Die boarmspier het twee tendons wat dit heg aan die bene in die skouer.

Die Glenoid (potjie) is uitgevoer met ‘n sagte kraakbeen struktuur genaamd die labrum. Hierdie weefsel help om die kop van die humerus in die skouer potjie te stabiliseer. Die bene van die skouer word bedek deur verskeie lae van sagte weefsel:

  • Die boonste laag is die deltoïedspier en lê net onder die vel, wat die skouer 'n afgeronde voorkoms gee. Die deltoïedspier help om die arm bo die kop op te tel.
  • Direk onder die deltoïedspier is die sub - deltoïed bursa, 'n vloeistof sakkie, gelyksoortig aan 'n waterballon.
  • 'n groep van die spiere en tendons hou die skouer gesentreer in die skouergewrig. Hierdie spiere staan bekend as die rotatorkraag.

Tipes skouerbeserings:

Daar is baie verskillende tipes skouerbeserings:

  • Frakture is gebreekte bene. Frakture betrek oor die algemeen die klavikel (sleutelbeen), proksimale humerus (bokant van die boarm) en skapula (bladbeen).
  • Ontwrigtings kom voor wanneer die bene op die teenoorgestelde kante van 'n gewrig nie in lyn is nie. Ontwrigtings kan enige van die drie verskillende gewrigte betrek.
  • 'n ontwrigting van die akromioklavikulêre gewrig (sleutelbeen gewrig) is bekend as 'n “geskeide skouer”.
  • 'n ontwrigting van die sternoklavikulêre gewrig onderbreek die verbinding tussen die sleutelbeen en die borsbeen (sternum).
  • Die glenohumerale gewrig (die bal en potjie gewrig van die skouer) kan ontwrig word na die voorkant (anterior ) of na die agterkant (posterior).
  • Sagteweefsel beserings is skeure van die ligamente, tendons, spiere en die kapsel van die skouer, soos rotatorkraag en labrum skeure.

Die volgende bespreking sal fokus op frakture en ontwrigtings.

Frakture

Frakture van die sleutelbeen of die proksimale humerus kan veroorsaak word deur 'n direkte val op die skouer, tydens ‘n val of motorongeluk.

Aaangesien die skapula deur die borskas en omliggende spiere beskerm word, doen dit nie maklik frakture op nie. Frakture van die skapula word dus veroorsaak deur hoë-energie trauma, soos ‘n motorongeluk. Dikwels is daar dan ‘n besering aan die borskas.

  • Skouer dislokasies
    • Anterior dislokasie (aan die voorkant) van die skouer vind plaas wanneer die arm hard na buite (eksterne rotasie) gedraai word wanneer die arm bo skouerhoogte is. Die oorsake kan ‘n val of direkte trauma aan die skouer wees.
    • Posterior dislokasie (aan die agterkant van die skouer) is minder algemeen as anterior dislokasies. Posterior dislokasies vind dikwels plaas tydens ‘n epileptiese aanval of tydens ‘n elektriese skok wanneer die spiere aan die voorkant van die skouer geweldig hard saamtrek en aanspan.
  • Skouer ontwrigtings
    • Ontwrigtings van die akromioklavikulêre gewrig word veroorsaak deur ‘n val op die skouer, of van baie swaar voorwerpe optel. Die term ‘skouer ontwrigting’ is nie heeltemal korrek nie, aangesien die beseerde gewrig nie ‘n ware skouer gewrig is nie.

Simptome van frakture

Die simptome hang af van die aard van die fraktuur.

Algemeen

  • Pyn
  • Swelling en verkleuring
  • Moeilik om skouer te beweeg
  • ‘n ‘Skuur’ sensasie wanneer die skouer beweeg word
  • Deformiteit – ‘Die skouer lyk nie reg nie’

Spesifieke bevindinge

Klavikel fraktuur

Klavikel fraktuur

  • Swelling rondom die middel van die klavikel area
  • Daar mag ‘n ‘knop’ voorkom in die area, wat eintlik die prominente punt van die fraktuur onder die vel is
  • Skouer se omvang van beweging is beperk, hoewel nie so erg soos met ‘n proksimale humerus fraktuur nie

Proksimale Humerus Fraktuur

  • ‘n Erg geswolle skouer
  • Baie beperkte beweging van die skouer
  • Erge pyn

Skapula Fraktuur

Fraktuur patrone in die skapula

  • Pyn
  • Swelling
  • Ernstige verkleuring rondom skouerblad

Skouer ontwrigting (Akromioklavikulêre ontwrigting)

Akromioklavikulêre ontwrigting met elevasie van die klavikel

  • Pyn op die bopunt van die skouer
  • ‘n Prominensie of knop op die bopunt van die skouer
  • Die sensasie dat daar ‘iets uitsteek’ bo die skouer

Skouer dislokasie (Glenohumerale gewrig dislokasie)

Skouer onstabiliteit

  • ‘n Prominensie aan die voorkant van die skouer
  • Moeilik om arm te beweeg
  • Die arm lê na buite geroteer
  • Die sensasie van ‘n ‘dooie arm’

Diagnose

Die meeste frakture word met behulp van ‘n x-straal en fisiese ondersoek gediagnoseer. Somtyds word addisionele beelding aangevra, soos bv CT skandering.

Behandelingsopsies

  • Klavikel frakture: Die meeste klavikel frakture kan sonder chirurgie hanteer word. Chirurgie is slegs nodig wanneer die fraktuur die vel gebreek het en die klavikel erg verplaas is. Chirurgie behels gewoonlik dat die fraktuur met ‘n plaat en skroewe binne in die been gestabiliseer word.
  • Proksimale humerus frakture: Die meeste proksimale humerus frakture kan sonder chirurgie hanteer word, solank daar geen verplasing van die fragmente is nie. Indien die fraktuur fragmente wel verplaas het, is chirurgie gewoonlik aangedui. Chirurgie behels die stabilisering van die fraktuur met plate, skroewe of drade of moontlik ‘n skouer vervanging.
  • Skapula frakture: Die meeste skapula frakture kan sonder chirurgie hanteer word. Behandeling behels gewoonlik immobilisering dmv ‘n skouerstut, ys en pynmedikasie. Die pasiënt sal goed ondersoek word vir enige addisionele besering. Ongeveer 10% tot 20% van skapula frakture benodig chirurgie. Die frakture wat chirurgie benodig, bevat gewoonlik fraktuur fragmente wat die skouergewrig betrek, asook ‘n bykomende klavikel fraktuur. Chirurgie behels die fiksasie van die fraktuur fragmente met plate en skroewe.
  • Skouer ontwrigtings (Akromioklavikluêre gewrig): Die behandeling van skouer ontwrigtings, hang af van die erns van die besering, sowel as die rigting van die ontwrigting en die fisieke behoeftes van die pasiënt. Minder ernstige ontwrigtings word gewoonlik sonder chirurgie hanteer. Ernstige ontwrigtings in ‘n opwaartse rigting of agtertoe en ondertoe word gewoonlik chirurgies hanteer. Chirurgie behels die herstel van die ligamente. Professionele atlete en hande-arbeiders word dikwels behandel met chirurgie, maar die resultate is dikwels onvoorspelbaar.
  • Skouer Ontwrigtings glenohumerale gewrig: Die aanvanklike behandeling van 'n skouer ontwrigting behels ‘n reduksie van die ontwrigting (" om dit terug in potjie te sit”). Dit vind gewoonlik in die ongevalle afdeling plaas. Die pasiënt word ligte verdowing en pyn medikasie gegee dmv ‘n binneaarse lyn. Die dokter sal trek aan die skouer en sodoende die gewrig reduseer. Reduksie word met ‘n x-straal bevestig en die arm word dan in ‘n skouerstut geplaas. Verdere behandeling sal afhang van die pasiënt se ouderdom, indien daar steeds pyn of ongemak is, herhaalde ontwrigtings, asook onderliggende sagteweefsel besering opgedoen tydens die insident (rotatorkraag of labrum kompleks). Pasiënte wat 25 jaar oud of jonger is, vereis oor die algemeen chirurgie. Aanhoudende onstabiliteit (herhaal ontwrigtings) van die skouer vereis gewoonlik chirurgie. Chirurgie behels die herstel van die geskeurde sagteweefsel.

Lewe na 'n skouerbesering:

Jou lewe na 'n skouer fraktuur, dislokasie of ontwrigting kan grootliks geaffekteer word vir 'n paar weke of selfs maande. Die meeste skouerbeserings wat chirurgies of nie- chirurgies behandel word, vereis 'n tydperk van immobilisasie gevolg deur rehabilitasie.

Indien die besering nie te erg was nie, is daar ' n redelik vinnige verbetering en terugkeer na funksie na die eerste 4-6 weke. Skouer oefeninge, as deel van ‘n fisioterapie program, is gewoonlik nodig. Oefeninge verminder styfheid, verbeter die omvang van beweging, en help om die pasiënt se spierkrag weer op te bou.