MAAK 'N AFSPRAAK

TORAKALE UITGANG SINDROOM

Wat is torakale uitgang sindroom?

Die torakale uitgang is die spasie tussen die sleutelbeen (klavikel) en die eerste rib. Hierdie nou deurgang is propvol bloedvate, spiere en senuwees. Indien die spiere in die bors nie sterk genoeg is om die sleutelbeen in plek te hou nie, kan die sleutelbeen vorentoe en af gly en sodoende drukking op die onderliggende senuwees en bloedvate uitoefen. Die variëteit van simptome wat ontwikkel staan bekend as ‘torakale uitgang sindroom’.

Die torakale uitgang is die spasie tussen die sleutelbeen en die eerste rib

Wat veroorsaak Torakale Uitgang Sindroom?

Hierdie toestand kan ontstaan as gevolg van ‘n besering, siekte of aangebore toestand soos ‘n abnormale eerste rib. Dit kom meer algemeen in vrouens as in mans voor en swak postuur en obesiteit kan die toestand vererger. Sielkundige veranderinge word gereeld gesien in mense met hierdie toestand. Dit is onduidelike of hierdie veranderinge die oorsaak of resultaat van die sindroom is.

Wat is die simptome van torakale uitgang sindroom?

Simptome verskil, afhangend van die senuwees of bloedvate wat aangetas word. Simptome vir senuwee beknelling is meer algemeen as die van bloedvat beknelling:

  1. Kompressie op die senuwees: (bragiale pleksus) veroorsaak ‘n vae, konstante pyn in die nek, skouer, arm of hand. Dit kan ook pyn, verlies van sensasie of naalde en spelde aan die binnekant van die voorarm en 4de en 5de vingers tot gevolg hê. Swakheid kan veroorsaak dat die hand lomp is.
  2. Kompressie op die bloedvate: kan die bloedvloei uit die arm beperk, wat swelling en rooiheid van die arm kan veroorsaak. Die bloedvloei terug na die arm kan ook beperk word, wat die arm koel en moeg laat voel. Lg kom minder algemeen voor.
  3. Oorhoofse aktiwiteite is moeilik aangesien beide tipes kompressie vererger in hierdie posisie.
  4. Daar kan ook ‘n laer posisie van die skouer voorkom, asook swelling en verkleuring van die arm.
  5. Die mobiliteit kan beïnvloed word.

Hoe word torakale uitgang sindroom gediagnoseer?

Die diagnose van hierdie toestand is moeilik en meer kompleks as meer algemene skouer toestande, aangesien daar ‘n hele aantal simptome by betrokke is. Die evaluasie sal ‘n deeglike mediese geskiedenis, fisiese ondersoek en diagnostiese toetse insluit.

Mediese geskiedenis en fisiese ondersoek:

Ge-eleveerde arm stres toest

U dokter sal uitvra na die geskiedenis van die simptome, ‘n deeglike fisiese ondersoek uitvoer en probeer om u simptome uit te lok deur die arm en hand in verskillende posisies te plaas.

Toetse

‘n Dokter sal toetse gebruik om te help met die bevestiging van ‘n diagnose. Een van hierdie toetse is die ge-eleveerde arm strestoets. Die dokter sal jou vra om jou arms bo jou kop op te tel en jou vuiste vir ongeveer 3 min oop en toe te maak. Indien jou simptome hiermee uitgelok word, is die kanse goed dat jy torakale uitgang sindroom het

Skanderings kan aangevra word om die bene, spiere, tendons en bloedvate beter te visualiseer. Dit mag x-strale, rekenaar tomografie (CT) en magnetise resonans beelding (MRI) en ultraklank insluit. Die dokter kan ook spesiale bloedsirkulasie en senuweegeleidings toetse aanvra.

Hoe word torakale uitgang sindroom behandel?

Chirurgie is gewoonlik nie aangedui nie.

Nie-chirurgiese behandeling:

  • Fisioterapie: Oefeninge sal help om die spiere rondom die skouer te versterk sodat hulle die sleutelbeen beter kan ondersteun. Posturale oefeninge sal die postuur verbeter (sit meer regop), wat die drukking op die bloedvate en senuwees sal verminder.
  • Nonsteroidale anti-inflammatoriese medikasie: Medikasie soos naproxen en ibuprofen kan die pyn en swelling verlig.
  • Gewigsverlies: Indien u oorgewig is, kan die dokter u dalk aanraai om ‘n gewigsverlies program te volg. Dit kan die stres op die skouerspiere wat die sleutelbeen ondersteun, verlig.
  • Leefstyl veranderinge: Daar moet krities na die werksomgewing (rekenaarstasie) gekyk word, fisiese aktiwiteit moet in moderasie gedoen word en self alledaagse aktiwiteite sal aangepas word om die simptome te verlig.

Chirurgiese behandeling

Indien nie-chirurgiese behandeling nie die simptome verlig nie, kan u dokter chirurgie aanbeveel. Die chirurgie behels die verwydering van ‘n abnormale eerste rib, loslating van stywe spiere rondom die nek en bors, of some beide.

Kan ek keer dat torakale uitgang sindroom ontwikkel?

Indien u simptome van torakale uitgang sindroom het, probeer om nie swaar sake/tasse te dra nie, aangesien dit die sleutelbeen afwaarts druk en die kompressie op die belangrike strukture in die torakale uitgang uitoefen.

Eenvoudige strekke sal ook baie help om die skouerspiere soepel te hou. Hier word vier bespreek wat u tuis kan probeer – 10 repetisies 2 maal per dag behoort voldoende te wees.

  1. Hoekstrek: - Staan in die hoek (ongeveer 30cm van die hoek) met die hande skouerhoogte, een teen elke muur. Leun in die hoek van die muur in totdat daar ‘n ligte strek oor die borsarea gevoel kan word. Hou vir 5 tellings en ontspan.
  2. Nekstrek: - Plaas die linker hand op jou kop en die regter hand agter die rug. Trek die kop na die linker skouer totdat ‘n ligte strek aan die regterkant van die nek gevoel kan word. Hou vir 5 tellings en ontspan. Ruil die hande om en herhaal aan die ander kant.
  3. Skouer -rolle: - Trek die skouers op, terug en agtertoe in ‘n sirkulêre beweging.
  4. Nekretraksie: - Trek die kop terug, maar hou die kakebeen af. Hou vir 5 tellings en ontspan.

Soos met enige oefenprogram, stop dadelik indien enige van die bewegings pyn veroorsaak.