Skouer pyn is 'n baie algemene klagte. Jou skouer bestaan uit verskeie gewrigte, tendons en spiere wat 'n wye verskeidenheid van bewegings van die gewrig en arm toelaat. Omdat die skouer so kompleks is, is dit vatbaar vir 'n verskeidenheid van probleme. Die rotatorkraag is 'n algemene bron van pyn in die skouer.
Die skouer is 'n bal-en-potjie tipe gewrig bestaan uit drie bene:
Die kop van die humerus pas in 'n potjie (bekend as die “Glenoid") in die blad. 'n Groep spiere en tendons hou die skouer gesentreer in die skouer gewrig. Hierdie spiere staan bekend as die rotatorkraag. Hulle bedek die kop van humerus en heg dit aan jou skapula. Daar is 'n vogsak bekend as 'n bursa tussen die rotatorkraag en die been op die bopunt van jou skouer (acromion). Hierdie bursa laat die rotatorkraag tendons toe om vrylik te beweeg wanneer jy jou arm in verskillende rigtings beweeg.
Die boarmspier (aan die voorkant van jou bo-arm) help jou om jou elmboog te buig en jou voorarm te draai. Dit stabiliseer ook die skouer. Die boarmspier het twee tendons wat dit heg aan die bene in die skouer.
Die Glenoid (potjie) is uitgevoer met ‘n sagte kraakbeen struktuur genaamd die labrum. Hierdie weefsel help om die kop van die humerus in die skouer potjie te stabiliseer.
Die rotatorkraag is 'n algemene bron van pyn in die skouer. Pyn kan die gevolg wees van:
A. Normale anatomie
B. Die acromion beknel die rotatorkraag en bursa
Rotatorkraag pyn is algemeen in beide jong atlete en middeljarige mense. Mense wat hul arms bo skouerhoogte gebruik vir tennis , swem en ander oorhoofse aktiwiteite is veral kwesbaar. Diegene wat herhalende oplig of oorhoofse aktiwiteite / werk doen (soos konstruksie of skilder) is ook vatbaar. Pyn kan ook ontwikkel as gevolg van 'n klein besering. Soms is daar geen duidelike oorsaak nie.
Daar is 'n vogsak, bekend as 'n bursa, tussen die rotatorkraag en die been op die bokant van jou skouer acromion). Die bursa laat die rotatorkraag tendons toe om vrylik te beweeg wanneer jy jou arm optel.
Die woord beknelling beteken basies 'skuur' of 'vryf' van strukture. In hierdie konteks verwys ons na strukture binne-in die skouer. Dit is die beweging van die rotatorkraag teen ander strukture binne-in die skouer wat die basis van die beknelling sindroom vorm.
Ook bekend as: 'Trapped tendons', Tendinitis, bursitis
Die vier spiere (en hul tendons) wat die arm primêr beweeg, staan gesamentlik bekend as die rotatorkraag. Die rotatorkraag lê onder die ‘dak’ van die skouer ('n uitbreiding van die blad bekend as die acromion). Die spasie tussen die acromion en die rotatorkraag tendons word gevul deur die subakromiale bursa (‘n vloeistof gevulde sakkie wat toelaat dat die rotatorkraag glad beweeg onder die akromion tydens oorhoofse aktiwiteite).
Enige abnormaliteite van die rotatorkraag kan lei tot disfunksie van die rotatorkraag en skouer. Daarom, soos wat die arm opgelig word, verdwyn die ‘aftrek-effek’ wat die rotatorkraag op die humerus uitoefen en die kop van die humerus beweeg opwaarts na die akromion toe. Hierdie effek kan lei tot beknelling. Toestade wat hierdie effek tot gevolg het, kan insluit:
Die akromion het verskillende anatomiese vorms in verskillende mense. Sommige van hierdie vorms kan lei tot die vernouing van die akromio-humerale gaping en bursale spasie. Met die toename in ouderdom, is mense geneig om 'n beenpunt op die voorkant en kante van die akromion te ontwikkel. Dit verklein die subakromiale spasie verder, en verhoog die risiko van beknelling.
Verskillende senarios: Iemand wat 'n rotatorkraag besering het en 'n tipe III acromion het en in hul 50's is, het 'n baie hoër risiko vir die ontwikkeling van beknelling in vergelyking met 'n pasiënt in hul 20's wat ‘n rototarkraag besering opdoen, maar ‘n tipe 1 akromion en geen beenpunte het nie.
Die rotatorkraag en akromion sal dan skuur teen mekaar, wat dan beknelling veroorsaak. Elke keer wat die arm opgelig word, is daar 'n bietjie te wrywing tussen die tendons en die bursa, wat pyn en inflammasie kan veroorsaak. Beknelling kan 'n ernstige probleem raak vir sommige mense en hul normale aktiwiteite erg inperk. Dit is dan wanneer behandeling aangedui is.
'n Subakromiale beenpunt wat vorm onder akromion en chirurgies verwyder word
Beenpunte = klein neerslae van kalsium wat aan die randte van die been opbou. Indien hulle groot genoeg word, of deur beknelling geaffekteer word, kan hulle uiters pynlik raak soos wat die tendons en ander strukture hulle irriteer en dan pyn en inflammasie veroorsaak.
Rotatorkraag beserings veroorsaak gewoonlik pyn en swelling in die voorkant van die skouer. Jy kan pyn en styfheid ervaar as jy jou arm oplig. Daar kan ook pyn wees wanneer die arm laat sak word vanaf 'n oorhoofse posisie. Aanvanklik kan die simptome lig wees. Pasiënte soek dikwels nie behandeling op hierdie vroeë stadium nie. Hierdie simptome sluit in:
Na dokumentasie van jou mediese geskiedenis en simptome, sal jou dokter jou skouer ondersoek. Hy sal kyk vir enige drukteer areas, of misvorming. Om die omvang van die beweging en krag van jou skouer en arm te bepaal, sal jou dokter vra dat jy jou arm in verskillende rigtings beweeg en 'n paar spesifieke toetse doen.
Jou dokter sal ook jou nek ondersoek om seker te maak dat die pyn nie afkomstig is van 'n "geknypte senuwee" nie en ook toestande soos artritis uitsluit.
X-strale: X-strale toon die bene van die skouer, maar kan nie die sagteweefsel van jou skouer soos die rotatorkraag wys nie. X-strale van 'n skouer met rotatorkraag simptome, is gewoonlik normaal of kan 'n klein beenpunt wys. 'n Spesiale x-straal opname kan soms ‘n beenpunt op die voorkant van die akromion wys.
Normale x-straal (Links)
Groot beenpunt wat op rotatorkraag druk (Regs)
Radiologiese beeld van beknelling sindroom
Ultraklank en magnetiese resonansbeelding (MRI): Hierdie studies vertoon goeie beelde van sagteweefsel soos die rotatorkraag tendons, ligamente en spiere. Hulle kan vloeistof of inflammasie in die bursa en rotatorkraag aandui. In sommige gevalle kan 'n gedeeltelike skeur van die rotatorkraag gesien word.
Behandeling: Die doel van die behandeling is om pyn te verlig en funksie te herstel. In die beplanning van jou behandeling, sal jou dokter verskeie faktore oorweeg, insluitende jou ouderdom, aktiwiteitsvlak en algemene gesondheid.
Nie-chirurgiese behandeling: In die meeste gevalle is die aanvanklike behandeling nie-chirurgies. Hoewel nie-chirurgiese behandeling 'n paar weke tot maande kan neem, ervaar baie pasiënte 'n geleidelike verbetering in krag en terugkeer na funksie.
‘n Kortisoon inspuiting in die skouer kan simptome verlig
Chirurgiese behandeling:
Wanneer nie-chirurgiese behandeling nie die pyn verlig nie, kan jou dokter chirurgie aanbeveel. Die doel van die operasie is om meer ruimte vir die rotatorkraag tendons te skep. Jou dokter sal die ontsteekte deel van die bursa verwyder en 'n anterior akromioplastie uitvoer (deel van die akromion verwyder). Dit is ook bekend as 'n subakromiale dekompressie. Hierdie prosedure word artroskopies gedoen (sleutelgat chirurgie).
Artroskopiese tegniek:
Dun chirurgiese instrumente word in die skouer ingeplaas deur 3 of 4 klein insnydings rondom jou skouer. Jou dokter ondersoek jou skouer deur 'n vesel -optiese kamera gekoppel aan 'n TV- beeld. Die chirurg beweeg die klein instrumente deur gebruik van 'n video monitor, en verwyder die been en sagte weefsel. In die meeste gevalle word die voorkant van die akromion verwyder (akromioplastie), saam met 'n deel van die bursale weefsel (bursektomie). Jou chirurg kan ook ander toestande wat in die skouer teenwoordig is behandel tydens die chirurgie. Dit kan die volgende insluit:
Tydens rehabilitasie na die operasie, sal jou arm in 'n skouerstut geplaas word vir 'n kort tydperk (indien geen rotatorkraag herstel nodig was nie). Dit bevorder vroeë genesing van die rotatorkraag, asook beweging. Sodra jou pynvlakke dit toelaat, kan jy die stut verwyder, begin met oefening en die arm begin gebruik. Jou dokter sal 'n rehabilitasie-program voorstel (gelei deur 'n spesifieke fisioterapeut) wat gebaseer is op jou behoeftes, asook die bevindings tydens die operasie. Dit sluit omvang van beweging oefeninge asook versterkingsoefeninge van die skouer in. Dit duur gewoonlik drie tot ses maande om volle verligting van die pyn te bereik, maar dit kan tot 'n jaar duur.
Die woord beknelling beteken basies ' vryf’ of ‘skuur’ van strukture. In hierdie konteks verwys ons na strukture binne die skouer. Dit is die wrywing van die rotatorkraag teen ander strukture binne-in die skouer wat die basis van die beknelling sindrome vorm.
Die toestand word hoofsaaklik gesien in atlete waar oorhoofse aktiwiteit 'n groot deel van hul sport uitmaak, veral atlete wat baie moet gooi. In werklikheid word hierdie toestand somtyds "Die gooiers Skouer" genoem of die "Swemmer se Skouer". Dit is om hierdie rede dat dit hoofsaaklik gesien word in die jonger atletiek bevolking.
Hierdie skets dui die verskillende kragte aan tydens die gooi aksie
Progressie van besering tydens interne beknelling. A, Die normale posisie van die humeruskop in die glenoid gedurende abduksie – 90 grade in die skapulêre vlak en maksimale eksterne rotasie. B, Anterior translasie (ronde pyltjie) lei tot subluksasie van die humerus kop en hiperangulasie. C, Dit lei op sy beur na skeletale, labrum en tendineuse letsels. Insetsel: Die posterosuperior area van die glenoid (stippellyn) is waar die beknelling plaasvind.
Dit is iets wat in alle skouers plaasvind tydens die gooi aksie. Daarom is interne beknelling opsigself nie 'n besering nie. Dit raak 'n besering met verloop van tyd, soos wat herhaalde gooi mikro-trauma in die rotatorkraag (rotatorkraag skeure) of labrum (SLAP letsel) veroorsaak.
Die beknellings letsels op die labrum en rotatorkraag staan bekend as 'kissing' letsels
Die belangrikste simptoom is gewoonlik pyn. Dit word vererger deur oorhoofse aktiwiteite of gooi aksies. Daar kan ook skouer onstabiliteite ontstaan as gevolg van skade aan die labrum. Die skade aan die rotatorkraag kan swakheid in die bewegings van die skouer veroorsaak.
Interne beknelling word gewoonlik gediagnoseer op kliniese ondersoek. Spesiale toetse soos 'n MR-arthrogram (MRI met kontras ingespuit in die skouer) kan nuttig wees. Soortgelyke bevindinge kan ook gemaak word deur middel van 'n ultraklank-skandering.
MRI van ‘n interne beknelling met sg. “kissing lesion”